Guestbook

HiER IS JOU KANS OM MET ANDER TE DEEL WAT JY OP ONS TOERE ERVAAR EN ONDERVIND HET.

Klik op die skakel hier onder om jou storie te vertel, onthou om jou kontak besonderhede ook by te voeg,

As jy anoniem wil bly, gebruik dan "anoniem sê" voor jou boodskap.

Boodskappe word dmv E-pos gestuur, "subject - namakwatoere" en sal met die tyd op die webblad verskyn hier onder.

Kliek hier om 'n E-pos met jou boodskappie te stuur.

Guestbook messages

Elize Leibbrandt | 2015-09-07

Baie dankie vir heerlike blommetoer! Jul diens is uitstekend. Ek beveel jul met geruste hart aan. Die moeite wat jul doen met alternatiewe roetes as die weer nie saam speel nie en dan natuurlik die "koek en tee vat" langs die pad, om nie te praat van Ouma Lena( onder bekwame Jenny se wakende oog) se heerlike kos nie. Inderdaad is ons letterlik dik vriende uiteen. Dit was ook riem onder die hart dat jul elke dag met eer aan God begin en afsluit. Mike jy het passie vir die veld, jou mense en omgewing. Doen so voort!

Annalice Goodyear | 2015-09-05

I just loved it. Incredible landscapes, interesting places, fine food, 5 star accommodation and a guide who has the passion to share this with a diverse group, in such a way that everybody felt as if he was so well prepared and knowledgeable. If you want to see passion and love for your job and SA in all its glory, tour with Mike and his team.

Amanda Viviers | 2015-08-21

Doen jouself die guns! gaan sien Namakwaland saam met Mike van Namakwa toere. Hy weet waar die tapyte van blomme uitgerol is. Sy entoesiasme en spitsvondigheid is aansteekilk, en het ons onophoudelik laat lag. Praat nie eers van sy wye kennis van die plantlewe van die Namakwaland nie. Hy vertel so gemaklik van die dorpe en streke se geskiedenis, dis verseker 'n verbetering op skool geskiedenis lesse! Ontspan en sit terug en gee die leisels aan Steven, meesterbusbestuurder oor. Hy is bekwaam en hulpvaardig, en wat 'n plesier om veilig en sonder bekommernis oor die pad, dwarsoor Namakwaland vervoer te word. Marelize dra water, biltong en droe wors aan vir dorstiges en knibbelaars. Hoe is dit vir bederf dat vir elke middag se "koek en tee" trommels vol varsgebakte melkterte en snoeperye in die blomveld geniet word ! Jenny en haar span by Namakwa Lodge pak elke aand die grootste verskeidenheid 5 ster geregte uit vir hongerige gaste wat nie kan ophou blommetaal praat nie. Daarna span ons uit in netjies vars kamers met lugreeling, om moee lywe te laaf - moeg van lag blomme kyk en fotos neem - wat 'n vakansie- ek was daar !!

Christa Craddock | 2015-08-06

Thank you to Mike and his team, we had a wonderful time! We took the first tour of the season and despite there not being flowers everywhere we did not feel like we were losing out! Mike's knowledge of the flowers, environment, area and history kept us intrigued. It is clear that Mike loves his job passionately. The teams care and love taken in dealing with the elderly shows the heart of Namakwa Toere. Accommodation was neat and clean with good service and the food was excellent, It was wonderful to see how the love and dependence on God is acknowledeged daily. We highly recommend Namakwa Toere and hope to tour with them again in future.

Linda Volschenk | 2007-08-24

Hallo Jenny, Ons is  veilig terug in Gauteng na die wonderlike toer wat ons saam met julle gehad het.   Ek sou wat wou gee om hier wortels op te trek en te verhuis.  Die deel van die land is net vir my soveel “beter” as waar ek my nou bevind, en wie weet as die Here wil trek ons!!!! Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir die gasvryheid en die LEKKER KOS!!!! Mike is regtig ‘n oulike kind en ek dink julle kan opreg trots wees op hom.   Ons sal graag weer die omgewing besoek en van die Namaqualodge gebruik maak. Jy is seker baie moeg na so ‘n “blomme kyk”  tyd.  Ek dink regtig dit is nie elke ou wat  so iets so suksesvol kan aanbied nie.  Julle is ‘n baie oulike gesin en ons het dit regtig geniet. Groete en baie seen en voorspoed met julle besigheid.

EETJE AND JAAP BESIJN. | 2007-08-17

Eetje and myself want to thank you for a wonderful tour of the west coast and all the flowers.As Innes reminded us a couple of times every day,"ons is
nie op een tour nie,on is op vacantie".Eetje had a brand new digital camara and was apprehensive about all her photos,but they were all
magnificent,especially the close-ups.Please put us on a mailing list for any other tours which might be happening in the future,however not in the middle of the summer because as Innes said,it gets so hot there,that the trees start chasing the dogs!Sorry to see that Innes was sick in the morning we left the hotel for the airport etc,hope you have recovered in the meantime,son Mike looked after us well.

Go well ,"hang in there"and all the best from

EETJE AND JAAP BESIJN.

Manie en Lollie van den Berg | 2007-08-10

Innes, Jenny, Kinders  en  Personeel

Baie  dankie  vir  'n  wonderlik  toer. Dankie, Jenny  vir  jou  puik  reelings. Die Vlug  en Toer. Dankie  Innes  vir  al  die  inligting  en  plekke  wat  ons  gesien  het  tydens  die  toer, jy  het  ons  kennis  baie  verbreed. Inligting  wat  jy  nie  voor  bang  is  om te  deel  met  ander  nie.  Die  busse  is  'n  baie  goed  ingerig  vir  die  toer  en  'n  persoon  word  nie moeg  al  word  daar  die  heel  dag  gery. Die  Bus  Bestuurders  is  puik  en  bestuur  versigtig. Dankie  aan  die  Hotel  en  kombuis  personeel.  Hulle  vriendelikheid  en  behulpsaamheid  was  on  beperk. Ons  wens  julle  alle  vooespoed  toe  met  die  toere  en  Hotel  en  ons  sal  vir  almal  wat  ons  teekom  vertel  van  julle  en  aanbeveel  vir  'n  blomme  toer  in  die  toekoms.

Baie  vriendelike   groete,

Lettie Venter | 2007-08-04

Blommetoer
Innes, Jenny en kinders, Goeiemore hier uit 'n vaal ou Gauteng. Ek wil net baie dankie se vir 'n wonderlike blommetoer. Jenny baie dankie vir al die reelings. Jy het 'n wonderlike gawe om mense tuis te laat voel.   Innes baie dankie dat jy jou kennis van die blomme en die natuur met ons gedeel het.  Innes jy laat almal gemaklik genoeg voel om agteroor te sit en ontspan en vir 'n oomblik van hulle probleme te kan vergeet. Aan die kinders baie dankie vir al julle hulp en vriendelikheid.  Julle het 'n baie groot voorreg om so naby aan die natuur te kan lewe.  Waardeer dit.  Julle het wonderlike ouers pas hulle baie mooi op. Onthou 'n GOEIE DAAD IS SOOS 'N GESKENK WAT AANHOU GEE. Nogmaals baie dankie. Mag die Here julle seen met geluk en voorspoed.

WILLEM EN JOEY VAN NIEKERK

Goeiedag aan die hele Spies gesin! Die Van Niekerks wat saam met Namakwa Toere tussen 2 en 5 Sept. in Namakwaland rondgetoer het, is uiteindelik tuis. Na ons blommetoer het ons eers by ons kinders gaan kuier wat sedert Aprilmaand in Vishoek woon. Dis waarom ons nou eers skryf, want ons wil regtig skryf om dankie te sê vir 'n wonderlike toer saam met julle. Eerstens, Jenny: Dankie vir die flink terugvoering per e-opos op al ons korrespondensie, asook die goeie administrasie van alles rondom die toer. Ook jou vriendelike maar ferme toesig en beheer oor julle hotel in Vanrhynsdorp in 'n ouwêreldse atmosfeer maar met moderne geriewe en vyfster-kos is uit die boonste rakke. Dit was heerlik om te kon afpak en eers weer op te pak toe ons die dag moes teruggaan. Tien uit tien ook daarvoor! Innes, ook tien uit tien vir jou hantering van ons dagtoere. Jy het goed verstaan waarom ons in Namakwaland is: om blomme te kyk en daardie unieke blommewêreld beter te leer ken. Jy beskik oor 'n fyn humorsin en die vermoë om aan te voel wanneer om stil te bly en wanneer om te praat. Jy gee net genoeg ingeligte inligting deur (ook met die CD's wat jy teen laat middae vertoon het) om ons nuuskierig te maak om al hoe meer van die blommewêreld te weet en jy hanteer die mense vriendelik maar ferm. Ons het veral waardering vir die feit dat jy elke dag met gebed begin, oral stilhou waar ons foto's wou neem of wou afklim, en dat jy oor genoeg kennis beskik om ons vrae te kon beantwoord. As jy nie weet nie, het jy dit gesê, maar in die boeke na antwoorde gesoek of laat soek. Julle luukse busse en ons puik bestuurder, Lourens, verdien besondere vermelding. Sê asb aan Lourens baie dankie vir die netjiese skoon busse (ten spyte van die lang ure wat hy byna elke dag so rustig en versigtig bestuur het en sy geduld met ons en hulp aan ons.) Dit moet baie uitputtend wees, maar hy het nooit gewys dat hy moeg of ongeduldig is nie. Ook Leana se vriendelike omsien na ons en haar hulp om vreemde blomme te identifiseer word waardeer. Die pieknieks tussen die blomme was heerlik! Ons het maar min met Mike te doene gekry, maar glo dat hy sy ouers se bloed in sy are het. Glo hy sal eendag julle skoene kan volstaan. Ons het net gewonder hoe op aarde hanteer 'n toerleier 'n bus met mense wat wil gaan blommekyk, en dan tref jy dit dat daar een of meer persone op die bus is wat meen dat dit hulle lewensroeping en taak is om almal om hulle die hele dag lank besig te hou en te vermaak. As 'n mens daardie tipe vermaak soek, betaal jy nie geld om blomme te gaan kyk nie, maar gaan na die KKNK of na Aardklop toe om deur kunstenaars vermaak te word. Dit moet bitter moeilik wees om almal op so 'n bus rustig te hou sonder om na enige kant toe aanstoot te gee. Dit lyk my hy kon wel daarin slaag om dit reg te kry. Indien wel, tien uit tien daarvoor vir hom ook! Ons vertel vir almal van ons wonderlike toer saam met die Spies-familie van Namakwa Toere en gee julle besonderhede vir mense wat later ook blommetoere wil onderneem. Groete en waardering vanuit 'n skoongereënde Jakarandastad wat op die oomblik deur 'n waas van bloupers Jakarandas en jong, groen lenteblare oordek word.

Mavis van Eyk.

Liewe Innes, Ek wil net baie dankie sê vir 'n heerlike blommetoer! Ek en my suster Kleintjie Vermaak het die toer vanaf 29 Augustus tot 1 September meegemaak. Alles was baie goed georganiseer en die kos was heerlik. Doen so voort! Ek is natuurlik mal oor die feit dat alles in Afrikaans aangebied is en ook die gebed elke oggend voor ons vertrek het. Wat kan ons tog doen sonder die beskerming van ons Hemelse Vader! Ek stuur vir julle die foto van Morné.........hy's te pragtig! Sterkte vir die toere wat nog voorlê.

Groete,

Callie en Elza van der Merwe

Beste, Innes, Mike en Jenny

Ons wil net weer eens vir julle baie dankie sê vir 'n baie heerlike naweek wat ons saam met julle kon beleef.

Julle is 'n puik span en sal dit nog as gesin ver bring met julle onderneming. Ons sal julle definitief by almal aanbeveel.

Dra ook ons groete oor aan al die ander.

Nogmaals baie dankie!

Joey Bongers

Beste Innes, Mike en Jenny My ouers, Koot en Annatjie Wessels was op die 1-4 Augustus Namakwatoer en sederdien kan hulle nie uitgepraat raak ook dié ervaring nie. Die blomme was prentjiemooi, die kos uit die boonste rakke, die verblyf gerieflik en luuks en bo alles, het julle vriendelikheid en gasvryheid 'n blywende indruk op hulle gelaat. Baie dankie dat julle hulle so bederf het en mag die Here vir almal van julle by Namakwatoere seën!

Groete

Adolf en Maralie Theron

Beste Mike en Jennie

Die tyd vlieg so en ons het nog nie kans gehad om baie dankie te sê vir ‘n onvergeetlike toer daar by julle nie.  Dankie vir al julle moeite en heerlike kos en al die groot bederf met die tee en koekies langs die pad. Baie dankie vir al die interessante feite en blommetjies en hoekies en draaitjies van ons land wat ons nie geken het nt.  Wees verseker dat ons dit vir almal sal aanbeveel. Hoop dit gaan goed met julle en dat julle nog hou met al die besoekers en toere.  Is die blomme nog mooi en wat dink julle daar daar nog iets te sien wees teen die Weskus langs as ek met die groep 27 September kom?  Baie sterkte en seen met julle werk.

Groete

Louis Piovesan

Dear Jenny,

I did'nt have the opportunity to thank you personally for the wonderfull "Blommetoer" the you, your family and friends gave me as a member of the "25th August" group. All I can say is that it was a HIGHPOINT in my touring experiences, of which there have been many. The stay at The Namakwa Country lodge was so good. The food was outstanding and the friendly atmosphere made one really feel at home. You must be congratulated on the way your great staff do their thing. I only wish that staff of some of the Lodges and Hotels I have stayed in could spend time with you and your staff learning how to treat visitors!!!!  Innes, Mike, Lanel(forgive spelling) and Stephen were TOPS!!!!! giving me the greatest flower show I have ever experienced. I will certainly spread the word about your super organisation and I pray that you will keep the flame of GOOD TOURING burning high.

Best regards and thanks again,

Connie Vos

Goeiemore Jenny

Ons is nou weer terug na die blommetoer en ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om julle almal daar baie, baie dankie te se vir die mees wonderlike tyd wat ons gehad het. Julle toerreelings was absoluut van die beste en baie professioneel. Daar was geen haakplekke nie en alles het glad en op geoliede wiele verloop. Die oorbly by julle hotel was van die aangenaamste wat ek nog gehad het en die etes was elke dag uit die boonste rakke en so heerlik voorberei. Almal van julle en die personeel was so behulpsaam en vriendelik. Die bus waarmee ons gery het, was uiters luuks en gemaklik.

Nogmaals baie dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het, niks was ooit vir jule te veel nie en almal het eintlik meer gedoen as wat nodig was. Ek sal julle definitief by alle voornemende toeriste na Namakwaland aanbeveel.

Alles van die beste.

Vriendelike groete

Christien, Christa en Chris

Goeie more Jenny!

Ek is vanoggend weer terug by die werk en dit gaan maar sukkel-sukkel om weer in die ou roetine te kom. Ja, ons was op julle toer die naweek gewees na die pragtige blommeland! J Dit was absoluut wonderlik gewees!

Baie dankie vir julle gasvryheid en dat julle julle harte so warm vir ons oopgemaak het. Mike se passie vir Namakwaland was aansteeklik en dit was `n ondervinding wat jou sommer weer die hele ou lewe in perspektief laat sien. Dit laat ook die daaglikse gejaag so onbelangrik lyk! Julle het elkeen van ons spesiaal laat voel en dit was alte lekker om net Afrikaanse te hoor!

Stephen was `n top bestuurder en ons het deurgaans veilig gevoel met hom aan die stuur.

Alhoewel ons nou nie so baie blomme gesien het nie, is dit `n verskoning om weer volgende jaar saam te gaan! Aan die begin was dit snaaks dat van die mensies al meer as een keer saam met julle was – maar ek kan dit een honderd persent verstaan na ons toer.

Weereens dankie vir `n alles-julle is fantasties!

Julle het beslis `n wenresep beet.

Vriendelike groete

Abe en Maureen Little

Hi Jenny,  graag wil ons twee vir Mike (junior) baie dankie se vir ‘n uitstekende toer, julle kan baie trots wees op hom hy het ‘n passie vir die werk wat hy doen ek het nog nie iemand tee gekom wat so lief is vir die natuur nie dit was wonderlik en gaan beslis weer saam met julle toer solank hy die toerleier is, hy weet ook hoe om met die “tannies en ooms” te werk hy het baie geduld. Die hotel was baie aangenaam en die kos uit die boonste rakke. Nogmaals baie dankie Mike ons het almal lief vir jou geword en wou jou ook huistoe bring vir ons kleindogters.

Groete hier uit Gauteng

Sarie Kapp

Hi Mike, Innes & Jennie,


Net 'n paar woorde om baie dankie te se vir die heerlike toer wat ek en Tannie Bettie kon mee maak. Ons het dit baie geniet en die blomme was wonderlik. Dit was baie mooier as wat ek ooit kon dink.

Ook net 'n spesiale woord van dankie vir die koek wat julle gereel het om Tannie Bettie se verjaarsdag lekkerder te maak. Ek waardeer dit werklik baie.

Dit is egter met leedwese dat ek julle moet vertel dat Tannie Bettie die aand na ons terugkoms in Kaapstad 'n hartaanval gehad het en gesterf het.

Baie dankie dat julle kon mee help dat een van haar laaste wense vervul kon word en dat sy omring was van die mooiste in die natuur in haar laaste dae.

Beste wense vir die toekoms.

Liefde Groete

Die Briele in die Vrystaat

Goeie dag Jenny,

Ons is terug by werk na 'n heerlike siels, liggaamlike, en geestelike vakansie tussen die blomme. Dit was ongelooflik!!! al was die
blommetjies aan die afneem, (toer 12) was ons so bevoorreg om 'n groot verskeidenheid nuwe blommetjies te sien wat sommer so saam die winter blommetjies hulle koppies uitsteek in die begin van lente.

Baie dankie vir al jul reëlings om by te dra vir 'n onvergeetlike tydjie! Alles was so goed georganiseerd, vanaf die lughawe met aankoms
tot ons weer teruggeneem is lughawe toe. Die bus ryery was heerlik, soveel luuksheid!!! Stevan het 'n wonderlike werk gedoen so in sy enige
stilligheid. Ek wil ons twee toerleiers komplimenteer, hulle was uitstekend!! Ons het Mike vreeslik geniet en watter pragtige Konings kind, soveel liefde vir die klein dingetjies het ek lanklaas gesien by ons jeug. Hy is 'n agtermekaar kêrel.

Die "ligte maaltye" wat ons so tussen deur die ryery geniet het was uit die boonste gestoeltes (soos oom Oubaas so sê) As dit ligte maaltye is dan wil ek nie weet wat die "groot" maaltye is nie!!

Na 'n dag op die pad was dit heerlik om "tuis" te kom. Dit is hoe dit by die Lodge gevoel het. Almal is so gasvry en ons het baie welkom gevoel, ek kan geen een uitsonder nie, almal was uitstekend.

Ons "pitstop" was so besonders. Daar langs die pad drink ons 'n ou koffietjie en eet 'n beskuitjie!! Ek het baiiiieeee fotos geneem!!!! Selfs om 'n tafeldoekie oor die tafels daar langs die pad te gooi om alles vir ons so mooi te maak was nie moeite vir die span nie!!!!

Ek kan aangaan en aangaan, maar NAMAQUALAND TOERE is tops!!!!!!!!

Baie groete

Charl en Leona Marais

Beste Mike,

Terwyl ek vanoggend in die Kaapse verkeer vassit op pad werk toe , het ek weereens besef watter wonderlike voorreg dit was om die afgelope paar dae saam met julle in die natuur deur te bring .Net jammer dit het so gou verby gegaan !!!!!!  Dit was n besondere ervaring en ons is baie dankbaar vir die geleentheid. Die sukses daarvan is natuurlik aan julle almal te danke en die uitstekende manier waarop julle alles gedoen en gereel het . Mike, aan jou spesiaal----- jy is n voorslag toerleier / gids en jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt . Jou ouers kan beslis baie baie trots trots wees op jou  . ! n Wonderlike toekoms wag op jou .!! Ons het teruggekom en aan ons seun Guillaume vertel van die jong en oulike outjie wie sy werk so goed en doeltreffend doen en so geliefd is by die toerlede. Guillaume is 21 en tans 3de jaar student in Toerisme Bestuur aan Kaapse Universiteit van Tegnologie  en een van sy vakke was ook toer begeleiding  en dus het julle gemeenskaplike belange . ! Beste wense vir jou en die familie ---- wie almal ewe dierbaar is , veral jou klein boetie . !! Ons sal graag in die toekoms weer saam met julle wil kuier . !

Dankbare groete,

Pieter & Joan de Lange

Beste Innes & Jenny, Graag wil ons vir julle baie dankie së vir 'n baie aangename en goed georganiseerde toer. Die hulp wat aan my verleen was om op 13 Aug. om my vinnig na 'n apteek te neem, word regtig baie waardeer. Ons enigste klein probleem was dat die warm en kouwater druk in stort in ons kamer  so drasties verskil het. Ons het maar daarmee verlief geneem want ons het besef dat alle kamers beset was. Ons wil ook baie dankie së vir Mike vir sy goeie en simpatieke optrede as toergids. Hy was altyd ingelig of het geweet waar hy die nodige inligting kon kry om die toergroep oor te dra. Ons wil julle ook bedank vir al die vervoer reelings wat julle vir ons gedoen het.  Ek is net jammer dat ons mekaar misgeloop het op ons aankoms by die lughawe.

Vriendelike groete,

Susan Ferreira

Jenny Ek is darem weer veilig by die huis.  Wil net baie dankie se vir die heerlike vakansie saam met julle.  Dit was wonderlik en se ook Vir  Mike hy was fantasties,  as die Here my spaar en ek kan weer gaan neem ek my susters saam om dit te kan geniet. Baie dankie vir al die moeite en heerlike kos wat ons kon geniet.

Groete vir almal.

ACCUPLAS ENGINEERING

Marlies Krautkrämer and Tineke Prinsen

Dear Jenny, Innes, Mike and all at Namaqua Tours,

Back in Pretoria, my friend Tineke Prinsen and myself would like to take this opportunity to thank you very much for the lovely tour which took us through some truly beautiful spots of Namaqualand. Although the flowers were partly 'still sleepy' and did not exhibit their splendour as we had anticipated, the breath-taking beauty of the mountains and landscape amply made up for this. All we can say is that we enjoyed every day, rain, wind and cold and that we hope that the tour members of the later tours taking place now will experience all the flowers of Namaqualand in full bloom as we saw them on the DVD shown to ous on the bus. May God continue to bless your business and your lovely family.

With very kind regards

Tubby Myburg

Baie dankie vir `n baie lekker toer. Ons twee het dit baie geniet, alles deur een familie wat dit vir ons almal gerieflik gemaak het en dit met pasie gedoen het. Ons hoop om dit weer eendag mee te maak, miskien na Namibië. Die hele personeel moet geluk gewens word met hulle vriendikheid en die diens wat ons ontvang het.

Gelukkige toerlede!!!

Miems en Dorie (Middelburg) en Gerrie (Kleinmond)

Liewe Mike en gesin

Weereens baie dankie vir ‘n heerlike blommetoer. Die kos was onverbeterlik en aan die personeel baie dankie vir julle hulpvaardigheid en vriendelikheid. Mike jy is werklik ‘n uitstaande aanbieder, jou kennis van die blomme en omgewing asook die hantering van so ‘n diverse groep moet gekomplimenteer word.

Jou ouers kan trots wees op jou want jou goeie maniere en innemende geaardheid spreek van ‘n goeie opvoeding. Die moeite om blomme in die hande te kry om vir ons almal te wys word baie waardeer.

‘n Heel gepaste manier om jou te beskryf: “Your efficiency is only exceeded by – your good looks, charm and personality!”

Mis die kuiertjies in die bus.